Die farmaseutiese maatskappy Aspen het Sean Capazorio as sy nuwe finansiële hoof aangestel.
Aspen het in Februarie aangekondig dat Gus Attridge as adjunk- uitvoerende hoof wil uittree. Attridge het oor die jare heen ook die rol van finansiële direkteur vervul.
Capazorio word met ingang 1 Januarie 2022 uitvoerende direkteur en finansiële hoof van Aspen. Hy is ’n geoktrooieerde rekenmeester (SA) en het ’n gevorderde belastingsertifikaat aan Unisa verwerf. Hy het hom as ’n werknemer van South African Druggists, wat in 1999 deur Aspen bekom is, by die groep aangesluit. Hy beklee sedert 2009 die pos van groep- finansiële beampte.