Die medisynemaker Aspen se aandeelprys het Dinsdag verder gestyg ná die aankondiging dat hy ’n entstof vir die koronavirus vir Johnson & Johnson in Suid-Afrika gaan vervaardig.
Na dié nuus Maandag oor ’n voorlopige ooreenkoms het sy aandeelprys 11% hoër gesluit – die skerpste styging in jare.
Sy aandeelprys het Dinsdag met nog 3% tot R121,37 gestyg.