Die begrafnisondernemer Avbob gaan sy nuwe, omgewingsvriendeliker manier van verassing na nog tien plekke in Suid-Afrika uitbrei.
Dié proses gebruik tot 90% minder energie as die konvensionele verassingsproses.
Die sogenaamde akwamasieproses, of alkaliese hidrolise, was in Januarie in die nuus toe emeritus aartsbiskop Desmond Tutu op dié manier veras is ná sy dood op 26 Desember verlede jaar. Dit behels ’n proses waardeur ’n liggaam vinniger ontbind word deur dit vir ’n paar uur in ’n mengsel van water en ’n sterk alkaliese middel soos kaliumhidroksied te dompel en dan tot sowat 150 °C te verhit.