Die Britse bankgroep Barclays sê sy uitvoerende hoof, Jes Staley, gaan uittree by die groep ná ’n ondersoek na sy bande met die veroordeelde seksoortreder wyle Jeffrey Epstein.
Die bank is Vrydagaand in kennis gestel van die voorlopige gevolgtrekkings in die finansiële gedragsowerheid (FCA) en sy Prudential Regulatory Authority (PRA) se ondersoek.
Die ondersoek het gehandel oor Staley se verhouding met Epstein, hoe hy dit aan Barclays beskryf het en hoe die bankgroep dit daarna in reaksie aan die reguleerder beskryf het.