Bier se toekoms in Suid-Afrika lyk positief en meer beleggings is op pad om markaandeel hier uit te brei, sê Michel Doukeris, uitvoerende hoof van Anheuser-Busch InBev (AB InBev), wat in Julie sy pos ingeneem het.
Doukeris was verlede week op besoek aan Suid-Afrika en het saam met Richard Rivett-Carnac, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB), oor bier se toekoms in Suid-Afrika gepraat.
Hy het goeie nuus vir verbruikers gehad deur te sê prysstygings kan in ’n mate teruggehou word omdat die maatskappy se vooruitbeplanning goed is.