Dis geen verrassing dat die verkope van juweliersware en horlosies deur die pandemie en gepaardgaande swak ekonomie beïnvloed is nie.
Nietemin het NWJ, Arthur Kaplan en World’s Finest Watches die storm verbasend goed getrotseer – en soos met alle ander kleinhandelaars het die aanlyn verkope van juweliersware die hoogte ingeskiet.
Luxe, wat dié winkels besit, het bekend gemaak sy inkomste vir die boekjaar tot einde Februarie het met 21% tot R362 miljoen gedaal vergeleke met die vorige boekjaar, maar sy winsgrense het wel verbeter.