Brandstof vir vliegtuie word nou by die Internasionale Lughawe O.R. Tambo in Gauteng gerantsoeneer.
Dié lughawe, die grootste in die land, sou andersins voorraad vir net vier dae gehad het.
Die tekort aan stralerbrandstof spruit uit die verlamming van veral die spoornetwerk uit KwaZulu-Natal, waar oorstromings infrastruktuur verwoes het.