In ’n baie ongewone stap het Checkers pas in Australië se grootste koerant geadverteer – al het hy nie ’n enkele winkel in dié land nie.
Die advertensie het Vrydag in The Sydney Morning Herald verskyn.
Nog ’n advertensie word later vandag in The Evening Standard in Engeland gepubliseer.