Jou kind se speelgoedwinkel kan nou ook speel-speel inkopies by die huis aflewer.
’n Miniatuur-weergawe van ’n Sixty60-motorfiets is een van die hoogtepunte van die nuwe reeks Little Shop-belonings wat Checkers bekend gestel het. Dit is van vandag af beskikbaar so lank voorraad hou.
Die reeks van 24 produkte sluit ook miniatuur-weergawes van talle ander welbekende handelsname in, soos Nescafé Gold, Lindt-sjokolade, Baby Soft-toiletpapier en Huggies-babadoeke.