Die suiwelreus Clover Suid-Afrika beweer dat stakende werkers by sy aanlegte nou al byna 200 gevalle van geweld en twee moorde gepleeg het.
In ’n verklaring Woensdag sê Clover die staking, wat nou al sedert November aan die gang is, is besig om uit te kring.
Terence Tegg, ’n voormalige Recce wat vir ’n veiligheidsfirma gewerk het, is na bewering in Februarie deur stakers vermoor.