Clover is “oneerlik” oor hoekom die suiwelgroep besluit het om sy kaasfabriek in Lichtenburg, Noordwes, na Durban te skuif.
Só het Tsholofelo Moreo, burgemeester van die Ditsobotla-munisipaliteit, Woensdag probeer vure doodslaan nadat Clover aangevoer het swak dienslewering in dié munisipaliteit, insluitend water, krag en paaie, is die rede vir sy besluit.