Dit is nou al nege weke dat werkers van die suiwelmaatskappy Clover staak en die vakbonde staan saam in hul voorneme om daarmee vol te hou.
Beweringe van skote wat deur veiligheidspersoneel op stakende werkers geskiet is, het ook Dinsdag die ronde gedoen.
Die Nywerheidswerkersvakbond van Suid-Afrika (Giwusa), sê in ’n verklaring daar is op van sy lede geskiet waar hulle buite die Clayville-aanleg van Clover in Gauteng gestaak het en verskeie mense is gewond.