Johann Vorster, uitvoerende hoof van Clover Suid-Afrika, se salaris moet van R40 miljoen per jaar tot R2 miljoen per jaar verminder word, eis vakbonde.
Die algemene nywerheidswerkersvakbond Giwusa en die voedsel- en verwante werkersvakbond Fawu se twee en ’n half maande lange staking by die land se grootste suiwelprodusent, Clover, teiken nou die uitvoerende bestuur nadat die regering nie gehoor gegee het aan die vakbonde se eis dat Clover genasionaliseer moet word nie.
Giwusa en Fawu se besware tot dusver was meestal teen die Israelse maatskappy CBC, wat in 2019 deur sy filiaal Milco die beherende belang in Clover bekom het.