Clover se produksie is besig om te ly weens die gewelddadige vier maande lange staking by dié suiwelreus, ’n staking wat al minstens twee lewens geëis het.
Die twee militante vakbonde wat staak, is egter nog glad nie bereid om bes te gee nie.
In ’n nuwe, politieke wending dreig Mametlwe Sebei, president van die algemene nywerheidswerkersvakbond Giwusa, nou om die ANC die stryd aan te sê deur ’n nuwe politieke party “deur die werkers, vir die werkers” op die been te bring.