Vakbondlede wat deelneem aan die Clover-staking het Donderdag die Uniegebou in Pretoria beset totdat hulle te woord gestaan is.
Mametlwe Sebei, president van die nywerheidswerkersvakbond Giwusa, het die optog van stakende vakbondlede na die Uniegebou gelei.
Hy en van die stakers het die Uniegebou binnegegaan en geweier om te loop voordat daar na hul griewe geluister is.