Tegnologie, laer bankkoste en minder kontant is waarskynlik die sleutel tot banke se sukses gedurende die Covid-19-pandemie.
Marius van den Berg, EY se raadgewende hoof van bankdienste, sê in ’n verklaring: “Banke wat reeds digitaal is, is baie beter toegerus vir die toekoms. Hulle het reeds die rol van outomatisering begryp en hoe dit beter kliëntediens en beter bedryfsdoeltreffendheid meebring.”
Volgens hom is die pandemie die ideale geleentheid vir banke om weer te kyk na wat hulle as die kern van hul bedrywighede beskou en om verder te digitaliseer.