Die DA wil keer dat die staat enige geld wat hy as lening van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) ontvang het, kan gebruik om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) mee te red.
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het egter reeds in Julie onderneem dat geen van dié geld vir die SAL aangewend sal word nie.
“Die IMF-geld gaan nie vir die SAL aangewend word nie. Ek dink die minister van finansies het dit duidelik gemaak,” het Gordhan in ’n sitting van die Nasionale Vergadering gesê nadat opposisielede van die parlement ’n bespotting gemaak het van die pogings om ’n nuwe lugdiens tydens die Covid-19-pandemie te begin.