’n Brief wat dr. Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), in 2019 nagelaat het om openbaar te maak by die kommissie van ondersoek na die staatsbeheerde batebestuursfirma, is in die hooggeregshof in Kaapstad as getuienis voorgelê.
In die brief gedateer 4 Desember 2017, op ’n OBK-briefhoof, gee Matjila namens die OBK ’n onherroeplike onderneming om aandele in Ayo op te neem.
Matjila het die brief aan die direkteure van die genoteerde AEEI gerig, wat deel is van die Sekunjalo-groep van maatskappye. Ayo is ’n filiaal van AEEI.