Ses van die agt Hamleys-winkels in Suid-Afrika sal na verwagting op 1 Desember hul deure heropen.
Die speelgoedwinkel-franchise is die afgelope bykans twee jaar onder geweldige druk. Al die winkels is sedert Maart, toe die staat van inperking van krag geword het, gesluit.
Hamleys is sedert begin 2019 in sakeredding nadat die vorige eienaar van die franchise, Philip Paphitis, die maatskappy glo rot en kaal besteel het.