Byna sewe jaar sedert Volkswagen en sy filiale Audi, Porsche en Seat die nuus gehaal het vir wat nou as “Dieselgate” bekend staan, bloei die Duitse motorvervaardiger stééds.
Bloomberg berig Volkswagen het ingestem tot ’n skikking met Amerikaanse Porsche-eienaars oor die gekullery met sy toetse vir uitlaatgasse. Die skikking gaan minstens $80 miljoen kos.
Eienaars van spesifieke Porsche-modelle wat van 2005 tot 2020 verkoop is, gaan vergoeding van $250 tot $1 109 per voertuig ontvang, volgens ’n skikkingsooreenkoms wat Woensdag in San Francisco se federale hof ingedien is. ’n Regter moet nog die skikking bekragtig.