Die Mededingingskommissie is woedend oor wat hy reken die uitbuiting van verbruikers is – en dit nogal deur die bekende apteekkettinggroep Dis-Chem.
Dis-Chem het gesigmaskers se pryse met tot 261% gedurende die staat van inperking verhoog, het die kommissie Donderdag in ’n verklaring bekend gemaak.
“Mense wat hierdie noodsaaklike produkte verkoop, moet besef dat dit letterlik produkte is wat lewens red,” sê Thembinkosi Bonakele, kommissaris van die kommissie.