Discovery is uiteindelik “gereed” om sy nuwe digitale bank aan ’n groter hoeveelheid kliënte beskikbaar te stel, maar steeds net ’n bietjie op ’n slag.
Hoewel nuus van Discovery se eie bank reeds in 2018 aangekondig is, het die finansiële diensteverskaffer reeds die een teiken na die ander vir die bekendstelling daarvan misgeloop.
Die bank moes aanvanklik sy virtuele deure in Maart vanjaar geopen het, maar dié dag het tot nou nog nie amptelik aangebreek nie.