Die wins van die lewensversekeraar Discovery Life gaan ’n knou van R2,4 miljard kry in die boekjaar tot einde Junie weens die voorsiening wat vir die verwagte sterftes in die derde én die vierde vlaag gemaak moet word.
Die groep sê in sy handelsoorsig vir die boekjaar tot einde Junie hy meen die pandemie is baie ernstiger in Suid-Afrika as in Brittanje, waar hy ook bedrywighede het.
Die oorsigtydperk het midde-in die eerste vlaag begin en eindig op die hoogtepunt van die derde vlaag.