’n Klopjag einde 2015 op Steinhoff se kantore in die Duitse dorp Westerstede het so byna-byna die feesvieringe van die internasionale groep se notering op die Frankfurt-beurs versuur.
Op foto’s van dié notering op 7 Desember, waarop selfs die bekende Christo Wiese, toe voorsitter, pryk, is Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, opmerklik afwesig.
Hy het op dié dag in ’n telefoniese onderhoud aan Netwerk24 gesê hy kon dit nie bywoon nie, want hy lê op sy rug in traksie nadat hy sy nek beseer het. Dokters het glo aanbeveel dat hy nie reis nie.