Is dit koopterapie ná die stres van die ergste pandemievlakke, of het die rykes net ryker geword?
Die luuksegoederegroep Richemont spog vir die halfjaar tot einde September met soveel as driedubbelsyfergroei in Noord- en Suid-Amerika en aansienlike dubbelsyfergroei in die ander streke waar hy sake doen.
Daar was verbeterings in al Richemont se sake-afdelings, gelei deur die juweliers-maisons en spesialis-horlosiemakers.