Brait, die beleggingsbeheerfirma wat ook die meerderheid van Virgin Active besit, gaan volstoom voort met die notering van die kosvervaardiger Premier.
Christo Wiese is die grootste aandeelhouer in Brait, met ’n belang van 28,2%, en gaan ook die grootste aandeelhouer in Premier word, met ’n belang van minstens 36,2% deur sy ander groot beleggingsvoertuig, Titan Premier Investments.
Premier is bekend vir produkte soos Blue Ribbon-brood, Iwisa-mieliemeel, Champion-toffies, Lil-lets-tampons en Dove-watte. Die groep het landwyd ’n markaandeel van 24% in brood, 32% in meel en 20% in mieliemeel.