Die speelgoedwinkel Hamleys het stil-stil wéér ’n nuwe eienaar gekry.
Toy Kingdom het nou, met sy derde probeerslag, uiteindelik daarin geslaag om die Suid-Afrikaanse franchise vir die Britse speelgoedgroep te bekom.
Stefan Steyn, die sakeredder wat by Hamleys aangestel is, het dié transaksie telefonies aan Netwerk24 bevestig.