Emirates vlieg nou weer tussen Suid-Afrika en Dubai nadat die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) sy reisverbod teen Suid-Afrika en 11 ander Afrika-lande opgehef het.
Die VAE het dié week aangekondig sy reisverbod word Saterdag opgehef.
Die eerste Emirates-vlugte tussen Johannesburg en Dubai vertrek ook reeds Saterdag. Van 1 Februarie af sal daar daagliks twee vlugte tussen die twee stede wees.