Werknemers van Flight Centre kan uitsien na 1,9 miljoen aandele wat die reisagentskap onder al sy personeel gaan uitdeel.
Die aankondiging deur Flight Centre, wat al vir meer as 27 jaar in Suid-Afrika bedrywig is, sê die personeel in sy verkope- en ondersteuningsafdelings sal die begunstigdes wees.
Flight Centre is op die Australiese aandelebeurs (ASX) genoteer en die begunstigdes sluit ook Suid-Afrikaanse werknemers in.