Mauritius, hier kom ons!
Die Suid-Afrikaanse laekostelugdiens FlySafair het pas die goeie nuus van die betrokke lugvaartowerhede gekry dat hy vlugte tussen Suid-Afrika en Mauritius mag aanbied.
FlySafair het egter weens Mauritius se verbod op besoekers van Suid-Afrika weens die Covid-pandemie nog nie ’n vlugrooster beskikbaar nie. Die lugdiens beoog om sodra dié reisverbod opgehef word twee keer per week na Mauritius te vlieg.