Die onderhandelings duur verwoed voort om die Langeberg & Asthon-inmaakfabriek in Ashton te probeer red, maar in dié stadium is geld én die tyd te min.
’n Afvaardiging van die Wes-Kaapse regering het Maandag met Tiger Brands vergader oor die plan om die inmaakfabriek te sluit.
Ná oproepe van boere dat die regering moet help, het Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, Ivan Meyer, LUR vir landbou, en Mireille Wenger, LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, en verteenwoordigers van Wesgro met van Tiger Brands se direkteure vergader.