Geweldsmisdaad kos Suid-Afrika jaarliks sowat 19% van die BBP.
Benewens die emosionele tol, beroof misdaad soos moord, gewapende roof en aanrandings die ekonomie van nagenoeg R1 350 miljard in onder meer hof- en mediese koste, misdaadbekamping en verlies aan produktiwiteit, toon die Global Peace Index. Nog ’n studie wys dat nét geslagsgeweld wat seksuele, fisieke, sielkundige en ekonomiese mishandeling insluit, die land meer as R36 miljard per jaar kos.
Boonop bring geweld in gemeenskappe bykomende koste vir ondernemings, soos maatskappyvervoer vir personeel om hul veiligheid te help verseker en hulp aan werkers wat deur geweld geraak word.