Die internasionale luuksegoederegroep Richemont se verkope het danksy ’n sterk aptyt vir sy juweliersware, insluitende dié van Cartier, oor die Kerstyd toegeneem.
Nadat die handelsoorsig vir die kwartaal tot einde Desember uitgereik is, het Richemont se aandeelprys stewig met 5% tot R120,59 gestyg. Dit was die sterkste styging in die indeks van top-40-aandele op die JSE.
Verkope het in die kwartaal €4,5 miljard beloop.