Die digitale bank TymeBank het ’n kundige op die gebied van krediet vanuit die kleinhandelsektor aangestel as sy finansiële en bedryfshoof van die groter groep se bedrywighede in Suid-Afrika om te help met die implementering van die bank se nuwe kredietproduk.
Patrice Motsepe, voorsitter van African Rainbow Capital, die meerderheidsaandeelhouer van TymeBank, sê David Pfaff, voormalige bedryfs- en finansiële hoof van Truworths, word alom geloof vir sy wye ervaring met kredietverskaffing in die kleinhandelsektor.
Volgens Motsepe is ondervinding op dié gebied van kritieke belang vir TymeBank se voortgesette sukses.