Die JSE het die afsonderlike notering van Zeda – Barloworld se motorhuurafdeling – goedgekeur.
Zeda, wat onder die handelsname Avis en Budget sake doen, sal op 13 Desember in die sektor vir verbruikersdienste en die subsektor huurdienste: verbruikers op die hoofbord van die JSE genoteer word, het Barloworld Maandagoggend aangekondig.
Byna 190 miljoen Zeda-aandele sal genoteer word onder die naam Zeda en die aandeelkode ZZD.