Een van Kaap Agri se filiale sprei sy vlerke groter met die oorname van ’n kleinhandelaar in die brandstofbedryf wat verskeie geriefswinkels en kitskosrestaurante by vulstasies langs die land se snelweë bedryf.
The Fuel Company (TFC) is deel van Kaap Agri en bedryf verskeie handelsname in die kleinhandel-brandstofbedryf en geriefswinkels oral in Suid-Afrika.
TFC se handelsbedrywighede sluit onder meer in verskeie Sasol-, Total- en Engen-vulstasies waar Kaap Agri se Expressmark-winkels bedryf word.