Die Shoprite-groep het seker gemaak hy het genoeg handelsware aangekoop om sy winkelrakke hierdie Kersfees vol te hou.
Pieter Engelbrecht, uitvoerende hoof van die groep, sê hulle het weens wêreldwye probleme met voorsieningskettings die hoeveelheid algemene handelsware in voorraad verhoog. Dit is klein toestelle soos ketels en verwarmers en glas- en kombuisware.
“Met die ontwrigting wat internasionaal in voorsieningskettings ervaar word en die beperkinge op die beskikbaarheid van vraghouers het ons besluit om vanjaar die handelsware vroeër aan te koop. Ons is gereed vir die feestyd.”