Die lugdiens KLM gaan van November af tien keer per week regstreeks tussen Kaapstad en Amsterdam, Nederland, vlieg.
Dié aankondiging kom kort nadat KLM aangekondig het hy vlieg van 11 Julie af elke dag tussen die twee stede.
KLM sê die vraag na vlugte tussen die twee stede is aan die toeneem, vandaar die verhoging van sewe na tien vlugte in die somer.