Met die Covid-19-regulasies wat verslap is, is reisigers al hoe meer gretig om weer te vlieg en KLM het sy vlugte na Suid-Afrika dienooreenkomstig vermeerder.
Die Nederlandse lugdiens sê Dinsdag in ’n verklaring dat hy nou ses keer per week vlugte tussen Kaapstad en Amsterdam het.
Van 11 Julie af sal die lugdiens weer daagliks tussen die twee stede vlieg.