Die Mededingingskommissie het bevestig hy ondersoek tans ’n paar klagtes oor die buitensporige pryse van skeepsrederye tydens die koronaviruspandemie wat hy ontvang het.
Die kommissie het egter nie geantwoord op versoeke vir meer besonderhede van dié klagtes en presies hoeveel al ontvang is nie.
Dit kom te midde van invoerders in Kaapstad wat kla dat die skeepsrederye “belaglike” ekstra tariewe vra bloot om vragdokumentasie te verander.