In die lig van die staat van inperking het die Mededingingskommissie besluit om die afdwinging van twee van sy drie nuwe regulasies vir kruideniersware-kleinhandelaars met drie maande uit te stel.
Die kommissie het ná ’n markondersoek in November aanbeveel dat die kleinhandelaars binne ses maande aan die regulasies moes voldoen. Dit kom nadat verskeie praktyke van veral die grootste supermarkte as niemededingend bevind is.
Die sperdatum van 28 Mei vir twee van die regulasies is nou tot 28 Augustus uitgestel.