Die staking by Clover het oorgespoel en word nou verder gevoer met die beroep op ’n algehele boikot van Clover-produkte, wat handuit geruk het in Kaapstad.
’n Video wat Woensdag op Twitter geplaas is, wys die chaos by ’n Pick n Pay-winkel in Observatory, Kaapstad, waar betogers die winkel bestorm het om plakkers op al die Clover-produkte op die rakke te plak.
Die algemene nywerheidswerkersvakbond Giwusa, en die voedsel- en verwante werkersvakbond Fawu staak al sedert 22 November by Clover. Dit het aanvanklik gehandel oor salarisbesnoeiings en die sluit van fabrieke.