Is jou kind ook versot op Lego en het julle ’n paar stelle in die huis?
Dan het jy waarskynlik bygedra om dié Deense speelgoedvervaardiger se handelsnaam dié waardevolste in sy soort ter wêreld te maak.
Hy is nie eens ’n kortkop voor sy mededingers nie, maar ver vooruit.