Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is tegnies bankrot en het nie toegang tot finansiering nie, het Martin Kingston, nie-uitvoerende direkteur van die SAL Woensdag aan die parlement gesê.
Hy en die res van die direksie van die SAL het die staande komitee oor openbare rekeninge toegespreek oor die redes waarom die SAL nou nog nie sy jaarstate vir die boekjaar tot einde Maart 2019 ingedien het nie.
Dit kom in die week dat die SAL aangekondig het hy gaan herstruktureer. Minstens 994 mense gaan afgelê word.