Die geskorste bedryfshoof van die Lotery-kommissie het terwyl hy weens beweerde korrupsie geskors was, steeds ’n prestasiebonus van amper R1 miljoen gekry.
Phillemon Letwaba het in 2020 verlof gevra om afwesig te wees, wat later geblyk het eintlik ’n skorsing was.
Hy was 17 maande lank geskors.