’n Transaksie van ’n dekade gelede met PSG-aandele kom spook nou teen R4 miljard by die omstrede voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste.
Hofdokumente toon sy eie beleggingsonderneming, Mayfair Speculators, het hom in November verlede jaar gedagvaar vir sowat R4 miljard wat die maatskappy aanvoer verloor is met die transaksie.
Dit handel oor 20 miljoen PSG-aandele wat Mayfair in ruil vir Steinhoff-aandele en kontant aan die groep verkoop het. (Lees onder oor die geskiedenis van die aandele in PSG.)