Die hospitaalgroep Mediclinic International het Donderdag sy heel laaste dag van verhandeling as ’n genoteerde maatskappy op die JSE afgesluit.
Sy notering en verhandeling word Vrydag opgeskort.
Dit is omdat die transaksie dan in werking tree om die aandeelhouers van Mediclinic, anders as die genoteerde beleggingsgroep Remgro, uit te koop.