Lewensversekeraars se kliënte het in die afgelope jaar altesaam R200 miljoen teruggekry nadat klagte van hulle of hul naasbestaandes deur die ombud vir langtermynversekering opgelos is.
Dit is meer as die R177,9 miljoen wat in 2020 namens klaers van versekeraars herwin is.
’n Rekordgetal klagte is ontvang en daarvan is 34% ten gunste van die klaers opgelos, vergeleke met sowat 31% in die vorige jaar. Ingesluit klagte wat terugverwys is na versekeraars en ten gunste van die klaers opgelos is, is dit 41% van die klagte wat ontvang is.