Energiedrankies is baie gewild in Afrika en daar wag groot geleenthede vir maatskappye wat dié mark wil ontgin.
Coca-Cola, wat ’n belang in Monster Beverages besit en die amptelike verspreider van Monster-energiedrankies is, wil munt slaan uit die mark vir energiedrankies, tans die snelsgroeiende kategorie van koeldrank op die vasteland.
Monster Beverages, met sy hoofkantoor in Kalifornië in die VSA, het onlangs sy resultate vir die eerste kwartaal van die jaar bekend gemaak.