Voertuigwerkswinkels het verlede jaar byna R11 miljard meer voertuig-onderdele ingevoer as in 2020 omdat Suid-Afrikaners hul voertuie langer ry.
Die invoer van dié vervangingsonderdele het in 2021 R68,3 miljard beloop wat sowat 19% hoër is op ’n jaargrondslag, sê dr. Norman Lamprecht, uitvoerende bestuurder van die voertuigsakeraad, Naamsa.
Lamprecht is die opsteller van die jongste Voertuiguitvoer-handleiding van die Uitvoerraad vir die Voertuigbedryf (AIEC).